Wese van goeie dade

 
 
Deuteronomium 6:1-4
 
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind.  Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. Vanuit hierdie verhouding kry ons geloofslewe vorm in die praktyk van elke dag. In my ken en liefhê van God, is my vertroue in Hom ge-anker – ek kan my hele lewe aan Hom toevertrou.
 
In normale omstandighede vertrou ons maklik. Wanneer ons egter in nood is en Hom die nodigste het, twyfel ons baie keer en maak ons staat op ons eie vermoëns, of soek ons hulp weg van God af. Dit is juis in hierdie omstandighede dat ek deur geloof moet en kan vashou aan God en Sy belofte: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld (Matt 28:20).
 
God is onveranderlik en standhoudend. Die Here se liefde vir jou en my as mens is deur Christus bevestig. Daarom kan ek saam met die Psalmdigter my voluit in die hand van die lewende God oorgee: Ek hou vas aan U troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het (Ps 13:6).
 
God gee om. Gaan doen jy ook so.
Andrè


 

Vorige Briewe 

Jesus se Hemelvaart
Vir elke Christen is Hemelvaart 'n bron van hoop en versekering. Dit dui op Jesus se volharding en oorwinning oor die sonde, dood en die magte van die duisternis. Soos Hy opgevaar het, het Hy die weg gebaan vir ons om met God versoen te word. More ...
Ewige God van die Woord
Ons loof en dank U, o God, dat U nie 'n swygende God is nie, maar dat U deur U Woord in U taal van liefde met ons praat. More ...
Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...