Ouerskap en beroep.

(2 Samuel 15: 1-14)

Na Dawid se militêre en administratiewe suksesse was daar ‘n fase van ‘n geweldige ontevredenheid oor sy bewind. Eers sy seun Absalom en later het die Benjaminiet Seba genoeg steun gekry om in opstand te kom teen koning Dawid.

Die rede hiervoor hang saam met Dawid se mislukkings as vader en eggenoot. Mislukkings en ongelukkigheid in die huisgesin het soms ook nadelige gevolge in die beroepslewe. Hoewel Dawid ‘n suksesvolle koning was, het hy dikwels as ouer misluk omdat hy sy kinders verkeerd hanteer het. Dit het nie net sy huisgesin benadeel nie, maar uiteindelik ook sy koningskap. Tog gaan dit nie net om die foute wat met die opvoeding van kinders gemaak word nie. Almal doen dit immers. Die probleme met Dawid se kinders het voortgevloei uit die probleme in Dawid se huwelikslewe en die gevolge daarvan. Wat in die huwelik gebeur, affekteer die hele gesin, en dit affekteer weer jou beroep en jou hele menswees.

‘n Mens se beroep, hoe belangrik ookal, mag nooit nagejaag word ten koste van jou gesin nie. Beroepskeuses moet op die vaste fondament van ‘n gesonde gesinslewe staan. Geloof, liefde en vergifnis is die sement wat jou gesin aanmekaar bind. Daarom is die prioriteit God se huisgesin, en nie primêr jou werk nie.
(erkenning aan Ds E Verhage)
 
Seënwense,
Andrè

Vorige Briewe 

Jou blye sekerheid
Deur ons lewens geheel en al in God as fondasie te anker, kry ons ‘n vaste sekerheid oor die genade en heerlikheid wat aan ons in Jesus Christus gegee is. So word swaarkry ‘n geleentheid om te volhard en ons geloof te versterk. More ...
Pinkster
Komende Sondag vier Christene die wêreld oor Pinkster – die uitstorting van die Heilige Gees soos Christus beloof het. ‘n Nuwe begin en lewe vir sy dissipels en elke gelowige wat Sy Gees ontvang. More ...
Jesus se Hemelvaart
Vir elke Christen is Hemelvaart 'n bron van hoop en versekering. Dit dui op Jesus se volharding en oorwinning oor die sonde, dood en die magte van die duisternis. Soos Hy opgevaar het, het Hy die weg gebaan vir ons om met God versoen te word. More ...
Ewige God van die Woord
Ons loof en dank U, o God, dat U nie 'n swygende God is nie, maar dat U deur U Woord in U taal van liefde met ons praat. More ...