WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…


In 1 Konings 3:16-28 lees ons die bekende verhaal van twee vrouens, moeders, wat na Salomo kom om te bepaal wie se kind leef en wie se kind is dood.  Die verhaal vertel en bevestig Salomo se wysheid, maar dit vertel ook vir ons van die wese van ware liefde – ‘n Ma wat haar kind sal prysgee om hom te laat lewe.

Eeue later het God meer as dit gedoen.  Hy gee sy Seun prys, laat Hom aan die kruis offer om in ons plek te sterf om ons so te laat lewe.  So herinner en bewys God weereens aan ons sy almag, wysheid en ware liefde – want Hy doen dit sodat ons nie verlore sal gaan nie.

Die boodskap geld nie minder vir jou en my vandag nie.  Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word.  Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.  Jesus sê immers vir ons: “Elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit behou”.

Seënwense,
André

 

 

Vorige Briewe 

Jesus se Hemelvaart
Vir elke Christen is Hemelvaart 'n bron van hoop en versekering. Dit dui op Jesus se volharding en oorwinning oor die sonde, dood en die magte van die duisternis. Soos Hy opgevaar het, het Hy die weg gebaan vir ons om met God versoen te word. More ...
Ewige God van die Woord
Ons loof en dank U, o God, dat U nie 'n swygende God is nie, maar dat U deur U Woord in U taal van liefde met ons praat. More ...
Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...